FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Daardie nag

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Daardie nag Empty Daardie nag

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:14 pm

    goue paljas newel my sinne en ek onthou 'n nag 'n nag
    'n eindelose nag en twee bloedbelope kerse die wierook
    en musiek wonderskone musiek gebore uit 'n ongebore kind
    se siel en ek en jy en 'n nag 'n eindelose nag wat steeds
    binne my resoneer en ek onthou jou meer en dit was ons in
    'n kleine kleine grot tussen bome en takke iewers tussen
    hemel en aarde en nie eens nag se asem vol goue paljas
    kon ons red nie kon my nie red nie jy was dan oral daar
    oral rondom my en binne my god weet jy was oral en meer
    en daardie nag sou nooit as te nimmer einde kry nie nooit
    as te nimmer nie want ek leef steeds daar in daardie nag
    want toe was jy nog daar en ek was daar en die wierook
    die twee bloedbelope kerse musiek wonderskone musiek
    'n nag en mekaar ek en jy was daar en jy was oral en meer



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 6:25 am