FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sluimer

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Sluimer Empty Sluimer

    Post by Elmi Tue 20 Dec 2011, 12:37 am

    Is 'n slaapsluim droom dan tweedehands
    mag ek dit maak pas agter pandjieswinkel glas
    om meer nou as dan te mag staar daarna
    en weer te droom in dowwe lig van onbewus

    Deur die fluister wees versigtig massa beur
    na die kom na my wat in jou hartklop wag
    Naak gestroop van wantroue, venyn en seer
    In eenwording smag en snak oor aanraking teer

    Sal elke wakker uur dan genadig wees
    die droom sluimer bewustelik op bekende pad
    tot by die pandjieswinkel van slaap
    waar ek vrywillig dag verpand vir nag

    Elmi ©


    Last edited by Admin on Fri 02 Mar 2012, 3:05 am; edited 6 times in total (Reason for editing : poll)

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 6:44 am