ek ken in jou
die groen en goud
die lower van 'n blaar
die woorde van 'n vrou
uitgeryg
in spel
en speel
tot in die rooi
van 'n aalwynblom
dan bitter
vergal
in die laaste uur
waar die tik-tik
klop aan my deur
abjater
moes leer
van
spel en speel
se
wen en verloor
waar
wandel en weë
nou
tweespoor
trap
tussen
gister en vandag
ek ken in jou
die groen en goud
die woorde van 'n vrou
die groen en goud
die lower van 'n blaar
die woorde van 'n vrou
uitgeryg
in spel
en speel
tot in die rooi
van 'n aalwynblom
dan bitter
vergal
in die laaste uur
waar die tik-tik
klop aan my deur
abjater
moes leer
van
spel en speel
se
wen en verloor
waar
wandel en weë
nou
tweespoor
trap
tussen
gister en vandag
ek ken in jou
die groen en goud
die woorde van 'n vrou