kniediep in die troebelstroom van alledaagse sleur
met 'n nag wat meedoënloos na sy eindpunt beur,
die maan wat swyg oor 'n donker kontinent vol hondsdol drome,
sterre se eenoog loer na verganklikheid :
in hierdie holte streel jou hand teen die soomlyn
van my rug, kan ek uitasem in die wete -
jy ken my nag.
© 2011 Almarie Truter