Saggies skaam sluip
jy voor my uit
tiptoon-stil
een hand voor jou mond
sodat jou giggels
niemand dalk wakker maak nie ,
jou ander hand
sag warm in myne
lei my , die blinde
wat nie
die terrein ken nie .
Jou boude wit
in die maanlig
voor my
wip parmantig
en o so aanloklik –
die maan
knipoog vir my .
By die kompleks
se swembad
los jy my hand ,
maak die hekkie oop
en sê ek
beter nou voor loop .
Ek sê dis gek
hierdie skinny-dip-plan
van jou
twee-uur op ñ winters-oggend
maar die sight
van jou volmaan-lyf
laat my sommer van die idee hou .
En ek onthou
my ma se woorde :
“ Mens lewe net
eenkeer my kind
so lewe voluit . ”
Dit is tog
so jammer ma
ek vind
dit nou eers uit .
( 23/11/2010 20h34 )
jy voor my uit
tiptoon-stil
een hand voor jou mond
sodat jou giggels
niemand dalk wakker maak nie ,
jou ander hand
sag warm in myne
lei my , die blinde
wat nie
die terrein ken nie .
Jou boude wit
in die maanlig
voor my
wip parmantig
en o so aanloklik –
die maan
knipoog vir my .
By die kompleks
se swembad
los jy my hand ,
maak die hekkie oop
en sê ek
beter nou voor loop .
Ek sê dis gek
hierdie skinny-dip-plan
van jou
twee-uur op ñ winters-oggend
maar die sight
van jou volmaan-lyf
laat my sommer van die idee hou .
En ek onthou
my ma se woorde :
“ Mens lewe net
eenkeer my kind
so lewe voluit . ”
Dit is tog
so jammer ma
ek vind
dit nou eers uit .
( 23/11/2010 20h34 )