FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'N LIED VIR MY LIEF

    avatar
    Lizelle
    Guest


    'N LIED VIR MY LIEF Empty 'N LIED VIR MY LIEF

    Post by Lizelle Mon 26 Dec 2011, 3:35 pm

    'N LIED VIR MY LIEF

    My siel, raak stil
    terwyl jy in ootmoet wag
    dat ink jou pen moet vul
    sodat woorde kan oorstroom
    in duidend klein riviere
    en in dammetjies gaan le
    rondom die fyn lagplooitjies
    om sy mond en oe
    so teen middag-uur
    of met son se onder
    sodat jy kan beskryf
    hoe lief ek het
    en wonder...

    Kom vertel van mense
    se lag en pyn en huil
    beskryf die reine onskuld
    wat in 'n kind se oe skuil
    en hoe my hart kan sing
    saam met 'n padda-koor
    en hoe bang ek is
    om my hart te verloor

    Gly oor papier jou storie
    oor my eensame hart
    skryf sag as jy vertel
    van my growwe mure
    en gister se smart
    en hoe ek die trosse rose
    wat daarteen rank
    aan die lewe hou
    al is die woestyne droog
    en kan die son jou brand

    Wanneer jy hom vertel
    van my grootste bang
    se hom dan sommer
    dat ek na sy stem verlang
    en ek wonder soms
    net sommer

    Skryf vir hom dat my liefde
    kosbaar is en oorvloedig
    dat 'n reenboog my bekoor
    dat ek graag vlinders
    in die maanlig vang
    en dat ek regtig Engele kan hoor

    Dat wolke en bome
    vir my mooi is
    vertel hom ek lag maklik
    maar altyd tyd vir huil het
    deel al my geheime
    soos dat ek van meet af aan
    my hart op hom verloor het
    omdat hy my van altyd af
    met sy glimlag bekoor het

    Pen tog neer in goue ink
    die skoonheid van die heelal
    verleen taal en klank
    om die son se opkoms te beskryf
    teken hakkies aan my hart se muur
    waaraan ek sy liefde kan hang
    teken n horlosie
    en maak korter die ure
    net omdat ek na hom verlang

    Ink musieknote om te besing
    'n lied oor 'n Man
    wat vrede op aarde sal bring
    skryf alles op 'n groot
    herfsblaar
    sodat 'n engel dit later
    vir my Lief kan sing

    Lizelle
    avatar
    Adele Meyer Smit


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 10
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 54

    'N LIED VIR MY LIEF Empty Re: 'N LIED VIR MY LIEF

    Post by Adele Meyer Smit Tue 27 Dec 2011, 12:49 am

    Mooi mooi mooi, uitsonderlik!!

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 12:58 pm