In die rugdraai oomblik
van elke nuwe totsiens
lê die bangmaak wroeging
van nog 'n soektog na jou
die tydelike skuiling van 'n binne-arm
nog 'n asem, nog 'n hartklop
balsem in woorde wat troos
momentele vrede een is twee
Elke nuwe soeke 'n skadu swarter
vroue-hart wat iewers wil pas
in my hok van geheime
speel ek roekeloos alleen
Totdat jy weer terugkom
sal ek nie meer van jou hou nie
Maar ek sal jou liefhê
tot jy weer totsiens moet sê
van elke nuwe totsiens
lê die bangmaak wroeging
van nog 'n soektog na jou
die tydelike skuiling van 'n binne-arm
nog 'n asem, nog 'n hartklop
balsem in woorde wat troos
momentele vrede een is twee
Elke nuwe soeke 'n skadu swarter
vroue-hart wat iewers wil pas
in my hok van geheime
speel ek roekeloos alleen
Totdat jy weer terugkom
sal ek nie meer van jou hou nie
Maar ek sal jou liefhê
tot jy weer totsiens moet sê