Dit raak laat
in Van Manenstraat
dag se pajamas is al aan
en die oranje-goud-glim daarvan
borduur vuur
teen die horison se slaapkamer-muur
hoe luilekker strek die maan
hom tot volle glorie uit
die hoofweg se liggies is tot al aan .
Dit raak laat
in Van Manenstraat
en ek kom net betyds aan by ons grot
om jou in die kombuis te hoor fluit
besig met dit wat ñ Kombuis-feëtjie doen .
My ore volg die kling-klang
van pan en pot
my neus die reuk van jou kosgeure
ek groet jou met ñ druk en ñ soen
gaan wys jou opgewonde die sonsondergang
deur die ruit in die kombuis .
My lewe se kleure
is skielik helderder sommer net mooi -
dit is nou sommer lekker hier by die huis
so met liefde en vreugde deur jou opgetooi.
( 27/12/2011 13h37 )
>>Foto deur Jessica Campher
in Van Manenstraat
dag se pajamas is al aan
en die oranje-goud-glim daarvan
borduur vuur
teen die horison se slaapkamer-muur
hoe luilekker strek die maan
hom tot volle glorie uit
die hoofweg se liggies is tot al aan .
Dit raak laat
in Van Manenstraat
en ek kom net betyds aan by ons grot
om jou in die kombuis te hoor fluit
besig met dit wat ñ Kombuis-feëtjie doen .
My ore volg die kling-klang
van pan en pot
my neus die reuk van jou kosgeure
ek groet jou met ñ druk en ñ soen
gaan wys jou opgewonde die sonsondergang
deur die ruit in die kombuis .
My lewe se kleure
is skielik helderder sommer net mooi -
dit is nou sommer lekker hier by die huis
so met liefde en vreugde deur jou opgetooi.
( 27/12/2011 13h37 )
>>Foto deur Jessica Campher
- Attachments
- FD-uitdaging 6.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (22 Kb) Downloaded 2 times