sy nestel klewerig tussen onthouding en lus -
die flerrie opeens in beheer, toe die penveer
(gedoop in maagdelike vog)
vibreer teen impudensie se flou verweer;
(die digter hoereer immers gereeld
in donker stee van woorde,
onderliggende nuanses
en gedempte klimaks)
- spon metafore in die venusheuwel
van gevalle intensies
tot die jong bruid se nippel sterkte
die middeljarige man (met die bundel in die hand)
se ewewig kantel -
haar heupswaai-drentel
en jagse denke, onverskrokke,
waar sy emosies doop in middernag se blou
(in wese bly sy vrou - hierdie hand gesnoerde alfabet)
kerm sy sonder bloos,
rukkend in smagting,
op die geboorte van nog 'n ode
so tussen die skaamlippe
van skryf.
© 2011 Almarie Truter