FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Somer in die Kaap

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Somer in die Kaap Empty Somer in die Kaap

    Post by Melanie van As Thu 29 Dec 2011, 8:00 pm

    Ek dink oor als wat goed is
    'n kroeg in Steynsrus
    musiek met kitare
    gedigte sonder rym
    stiltes in huise
    met helder ligte en oop deure.

    Ek dink aan sing along songs
    mense met vreemde name
    doodloop strate en teer paaie
    die aanhoudende vlaktes
    van my Vrystaat.

    Ek dink aan daai somer
    die een in die Kaap.

    Na als dink ek aan my vrae
    en vra met 'n geraas teen vrede,
    was ek goed teen jou lyf?
    Kon ek jou klein dorpies
    en feeste inhaal
    deur maande se gebreekte snare?

    maar die antwoord
    lê by jou vanaand.
    Ek dink aan als
    wat goed was vir jou en my.

    Ek dink aan daai somer
    die een in die Kaap.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Somer in die Kaap Empty Re: Somer in die Kaap

    Post by Torm Wed 11 Jan 2012, 11:37 am

    Gelike ne gestem.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Somer in die Kaap Empty Re: Somer in die Kaap

    Post by Rudi Coetzer Wed 11 Jan 2012, 2:27 pm

    n gedig wat die hartsnare roer...
    jyt die prentjie goed gebou..fondament..mure dak deure en vensters.
    goeie werk.

    Sponsored content


    Somer in die Kaap Empty Re: Somer in die Kaap

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:50 pm