FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Spinnekopvrou

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Spinnekopvrou Empty Spinnekopvrou

    Post by Net ek... Wed 04 Jan 2012, 8:02 pm

    Sy slaan haar kloue in jou in,
    in die middel van die nag.
    Sis in jou ore
    sonder dat jy dit verwag.
    Jou lewe word verwoes
    in ‘n oogwink of twee.
    Jou menswees, jou wese,
    bestaan net nie meer.
    Sy speel met jou siel
    en mors met jou hart.
    Sy los jou verwronge
    met jou eie smart.
    Sy sleep jou oor naalde,
    vergiftig jou droom.
    Sy sal jou leeg en alleen laat
    sonder om te skroom.

    Ken jy die vrou, die heks, die slang.
    Die spinnekopwyfie, die een wie hul bang.
    Of is sy dalk glad nie so genadeloos?
    Dalk net deur ander geskets as ‘n boos.

    Haar kloue slaan sy in, want sy wil jou nie verloor.
    Die sis in die nag….dalk ‘n fluister in jou oor.
    En tog sal sy nooit haarself weer regverdig.
    Ken jy haar dalk? Maar ken jy haar regtig?

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 12:34 pm