FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek skryf vir jou...

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Ek skryf vir jou... Empty Ek skryf vir jou...

    Post by Net ek... Wed 04 Jan 2012, 8:06 pm

    Onder maanlig stap ons elke aand
    In 'n stofpad langs die veld.
    Sonder vrese of verlange
    stap ek langs my hart se held...

    En ek wens dat jy net vir een nag
    die pad saam my sou loop.
    In die strale van verlange
    is dit steeds my dag se hoop...

    Ek skryf vir jou die woorde,
    wat jy dalk nie eens sal lees.
    My hart se diep akkoorde,
    van stil in my eie wees.
    En ek wens vir jou 'n lewe toe
    vol liefde en geluk.
    Ek skryf vir jou, en ek hoop jy skryf dalk terug...

    En ek weet dit is te vergesog
    En ek weet dit is te veel
    Om enigsins vir dit te hoop
    in stukke of algeheel

    En ek weet jy sal ook eendag sien
    Dat my woorde nie werklik saakmaak...

    Maar steeds wens ek dat my hart aan joune kon raak...

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 9:49 am