FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Deeltjies

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Deeltjies Empty Deeltjies

    Post by Camsica Thu 05 Jan 2012, 3:55 am

    Die halfmaan
    van my onderlip
    se perfekte afdruk
    los ek op jou koffie-koppie,
    my voetsole se spoor
    los ek in jou tuin se paadjie

    my skadu vergeet ek
    onder jou doringboom se arms,
    my sokkies verloor ek
    in jou bed
    se deur-me-kaar-ge-woel-de lakens.

    Die walms van my sagte reuk
    hang ek versigtig
    aan jou aura

    my vel se voel
    vee ek teer
    tussen die naat
    en geweefde garing
    van die blommetjies-blou handdoek
    in jou kas.

    Alles deeltjies van my
    wat ek diep
    in jou binneste-binne
    vir j
    ou los.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Deeltjies Empty Re: Deeltjies

    Post by Rudi Coetzer Mon 09 Jan 2012, 2:23 am

    steeds van die eerste oomblik af,wat ek my hart op die werk gele het,doen die werk dit 100% my.
    Love elke woord..elke reel...elke strofe...
    en love elke beeld.
    Kosbaar.
    pragtig.
    Besonders.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Deeltjies Empty Re: Deeltjies

    Post by Camsica Mon 09 Jan 2012, 2:40 am

    Agge dankie my Storieman... Die een is net so special vir my (soos jy)....
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Deeltjies Empty Re: Deeltjies

    Post by Torm Wed 11 Jan 2012, 11:34 am

    Gelike en gestem.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Deeltjies Empty Re: Deeltjies

    Post by Camsica Thu 12 Jan 2012, 2:39 am

    Ek bedank jou innig vir jou lees, like en stem! Waardeer die woes...

    Sponsored content


    Deeltjies Empty Re: Deeltjies

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:03 am