I
ek’t gedroom ek moes skool toe jaag
laat gekom soos altyd
die deur was toe, daar was ʼn desperate gehamer
die onderwyser wou uit
en die kinders wou in
II
in ʼn droom ry iemand deur die platteland
daar was in die middel van dorre veld
ʼn skoorsteen waarin gas verbrand
III
in ʼn droom het iemand ʼn hond raakgery
sy maag en binnegoed was oor die pad versprei:
swart bloed op wit strepe
en op die bitumien het ek gedink ek sien
ʼn half-geëete babahand
wat bleekwit uitreik na die son
IV
ek’t gedroom ek moes werk toe jaag
laat gekom soos altyd
gelukkig het al die horlosies gaan staan
die hysbak ook
toe’t ek en ʼn boemelaar pyp gestop
en gestook
om die reuk van vier lyke te besweer
V
toe ek dink ek is weer wakker
stap ek uit na die tuin
selfs die hond was oorgewig
tussen swermende onkruid
en ʼn verlate ystermyn
dun geknakte stokkies was
tussen dak en vloer in gewig
VI
in ʼn droom was iemand met die kop van ʼn hond
besig om ʼn toespraak te maak
die geblaf was betekenisloos vir my
intussen het mans met maskers die hek oopgesny
en my in die huis op die toilet betrap
met my broek op my knieë het ek gegil
maar skielik was dit gelukkig
nie meer ek nie
VII
maar dit alles was net ʼn droom
en ek droom en droom en droom
want ek word nie weer wakker nie
© Torm 2012
ek’t gedroom ek moes skool toe jaag
laat gekom soos altyd
die deur was toe, daar was ʼn desperate gehamer
die onderwyser wou uit
en die kinders wou in
II
in ʼn droom ry iemand deur die platteland
daar was in die middel van dorre veld
ʼn skoorsteen waarin gas verbrand
III
in ʼn droom het iemand ʼn hond raakgery
sy maag en binnegoed was oor die pad versprei:
swart bloed op wit strepe
en op die bitumien het ek gedink ek sien
ʼn half-geëete babahand
wat bleekwit uitreik na die son
IV
ek’t gedroom ek moes werk toe jaag
laat gekom soos altyd
gelukkig het al die horlosies gaan staan
die hysbak ook
toe’t ek en ʼn boemelaar pyp gestop
en gestook
om die reuk van vier lyke te besweer
V
toe ek dink ek is weer wakker
stap ek uit na die tuin
selfs die hond was oorgewig
tussen swermende onkruid
en ʼn verlate ystermyn
dun geknakte stokkies was
tussen dak en vloer in gewig
VI
in ʼn droom was iemand met die kop van ʼn hond
besig om ʼn toespraak te maak
die geblaf was betekenisloos vir my
intussen het mans met maskers die hek oopgesny
en my in die huis op die toilet betrap
met my broek op my knieë het ek gegil
maar skielik was dit gelukkig
nie meer ek nie
VII
maar dit alles was net ʼn droom
en ek droom en droom en droom
want ek word nie weer wakker nie
© Torm 2012