Die heelal ontwaak
sover as wat die oog kan sien
natuur is gemaak
om ñ siel te dien .
Die heelal ontwaak
sover as wat die oor kan hoor
natuur is gemaak
om vreugde te voorsien .
In vroegoggend-ure verloor
ek myself
in vroegoggend-ure vind
ek myself
veral langs die viswater
waar lewe
deur my are borrel
waar lewe
deur my hart bruis
waar ek en jy
en Paul my pel
vir ñ oomblik byspelers is
in hierdie natuur-spel .
Genade en vreugde is
my oë wat vertel
wat my siel besef –
om hierdie mooi met jou te deel
is al wat vir my belangrik is .
( 14/01/2012 09h10 )
>>Fotograaf : Jessica Campher
sover as wat die oog kan sien
natuur is gemaak
om ñ siel te dien .
Die heelal ontwaak
sover as wat die oor kan hoor
natuur is gemaak
om vreugde te voorsien .
In vroegoggend-ure verloor
ek myself
in vroegoggend-ure vind
ek myself
veral langs die viswater
waar lewe
deur my are borrel
waar lewe
deur my hart bruis
waar ek en jy
en Paul my pel
vir ñ oomblik byspelers is
in hierdie natuur-spel .
Genade en vreugde is
my oë wat vertel
wat my siel besef –
om hierdie mooi met jou te deel
is al wat vir my belangrik is .
( 14/01/2012 09h10 )
>>Fotograaf : Jessica Campher
- Attachments
- FD-uitdaging 10.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (53 Kb) Downloaded 1 times