Stukkend en in skerwe gespat
elke sakdoek sopnat
Splinters van onthou
en vele oomblikke vol berou
Rooi vloei my bloed
sypel herinneringe deur my gemoed
Paaie van lief en leed
het my siel hier beet
Boeie van gevangeneskap
was eens 'n hemelse vriendskap
Wanneer gaan die gety begin draai
winde van verwoesting bly waai
Met my hele wese en hart
bly ek konstant verward
Opgeskeep sit ek met my smart
elke sakdoek sopnat
Splinters van onthou
en vele oomblikke vol berou
Rooi vloei my bloed
sypel herinneringe deur my gemoed
Paaie van lief en leed
het my siel hier beet
Boeie van gevangeneskap
was eens 'n hemelse vriendskap
Wanneer gaan die gety begin draai
winde van verwoesting bly waai
Met my hele wese en hart
bly ek konstant verward
Opgeskeep sit ek met my smart