FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Piet Piskrip : Ek is bly ek is nie ñ Loodgieter nie

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Piet Piskrip : Ek is bly ek is nie ñ Loodgieter nie Empty Piet Piskrip : Ek is bly ek is nie ñ Loodgieter nie

    Post by Rudi Coetzer Mon 13 Feb 2012, 12:28 pm

    Om ñ piskrip te wees is nou nie juis iets wat ek sou gekies het nie . Maar ek is wat ek
    is . En ten minste bring ek verligting aan mans en seuns .
    ( Ek dink Barnie Boom hier buite is my grootste fan …. Darem is ek iemand se
    hero . )
    Anyway .
    Dis erg genoeg om ñ piskrip te wees .
    Ek ken elke skakering van geel…
    En nie eers verkoue help nie , ek ken elke reuk van pis …
    Gelukkig het ek ñ sterk maag .
    ( En my grootste begeerte is om an Fear Factor deel te neem . Glo my , ek sal gat skop ! ) .
    Maar , as daar nou een ding is wat ek nie kan handle nie , is dit om te verstop .
    Ek verstaan nie rêrig hoe de hel dit gebeur nie .
    Kyk , ek moet elke dag hoor size counts .
    En elke dag sien hoe die manne vir mekaar loer .
    Party kyk sommer blatant … so of hulle inspeksie hou .
    En my keelgat is groot ( Nie dat ek wil brag nie … ) .
    Tog steeds , so 4 of 5 keer ñ jaar , dan verstop ek .
    Sterk maag of nie , dis nou ñ kakspul !
    Sien , die probleem is dat niemand niks doen wanneer die pis stadig begin drein nie . Eers wanneer ek heeltemal geblok is , dan word crisis management toegepas . En dan vat dit mos 2 of 3 dae voor die Loodgieter opdaag : The Drain Doctor .
    Nou kyk , hierdie ou ken van kele … . Maar nou dwaal ek al weer af .
    Die probleem wat hierdie 2 of drie dae skep wat ek moet wag vir my afspraak , is
    tweeledig .
    1) Die f@##!n dronkies pis steeds in my ! Ten spyte van die feit dat my tjommie Kallie ook hier is .
    2) Na drie dae ruik pis ondraaglik . Sies man . Dis goudgeel en stink hond uit ñ bos uit ! En as jou beste tjommie nie eers meer met jou praat nie , dan moet jy weet die reukie is ondraaglik …

    Nou die laas week , toe ek weer so verstop is , en teen die derde dag land en sand begin kla , toe sê die ass van ñ Willem Wasbak vir my :
    “ Ou Pissie , jy is darem ñ regte ou klakous . En meer as dit , jy is ñ ondankbare klein stront . Dink bietjie aan die arme Loodgieter , wat daai stank moet
    skoonmaak . Elke dag van sy lewe . Verstopte piskrippe , verstopte kakhuise , verstopte dreine . Dalk moet jy eerder ophou om so te moan en jou sterre dank dat jy nie ñ Loodgieter is nie . ”
    Nou kyk , ek like die f@##!n wasbak niks . Hy skim mos hy’s beter as ander . Flippen
    snob .
    En om eerlik te wees wou ek sy krane afgebliksem het .
    Maar my ma het my geleer om eers te kalmeer , tyd te vat en ñ saak mooi te deurdink voor ek optree .
    Dit het my twee ure gevat want ek was dik de bliksem in vir sy ongevraagde aanmerking .
    Nou moet ek erken , ou Willem is ñ wyse wasbak .
    Ek is bly ek is nie ñ Loodgieter nie .

    ( 15/10/2008 08h15 )

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 9:06 pm