FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Silwer Rok

    antieklimaks
    antieklimaks


    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 58

    Die Silwer Rok Empty Die Silwer Rok

    Post by antieklimaks Wed 15 Feb 2012, 12:40 pm

    Danielle maak die voordeur oop om te sien wie hamer so vroeg daaraan. Daar is niemand. Terwyl sy omdraai sien sy die pakkie – silwer papier met ‘n wit koevert aan. Sy frons. Wie sou nou vir haar ‘n pakkie kom los op so ‘n manier? Dis tog nie haar verjaardag nie.
    In die kombuis draai sy die pakkie om en om, daar is niks wat aandui wat binne in kan wees nie, en sy haal die koevert af. Binne-in is ‘n kaartjie met haar naam op, geskryf in ‘n swierige skrif met swart ink. “Trek hierdie vanaand aan na die partytjie toe as jy werklik jou lewe wil verander.”

    Net dit, niks anders nie. Geen naam of telefoonnommer nie. Danielle maak die pakkie versigtig oop. Mens kan deesdae nie te versigtig wees nie. Binne in die silwer papier is ‘n eenvoudige kartonboks. Sy maak dit oop en snak na haar asem.
    ‘n Ragfyn rok wat lyk of dit van silwer draad en visskubbe aanmekaargeweef is, ontvou in haar hande. Sy staan verwonderd na die ongewone skepping en kyk. “Wie sou so ‘n rok vir my gee?” wonder sy. Plus, sy het maar vir bitter min mense vertel van die uitnodiging wat sy ontvang het na vanaand se partytjie.

    Danielle wil eintlik nie gaan nie. Dis nie haar soort ding nie. Te veel celebs en wanna-be’s en aan dronk ou mans wat nie hulle hande kan tuishou nie, het sy geen erg nie. Maar dan weer…Drikus gaan daar wees en sy wil hom graag sien. Sy wil sien hoe sy gesig lyk wanneer sy instap met hierdie pragtige rok aan! Danielle skrik vir haar gedagtes – “waar kom dit vandaan?” Ek is tog nie nog steeds kwaad vir hom nie, ek het hom vergewe.
    Sy haal die rok heeltemal uit die boksie uit en dra dit kamer toe. Danielle maak haar kas oop en gaan staan voor die vollengte spieël. Sy hou die rok voor haar en verwonder haar hoe die kleure van die reënboog sklielik oor haar dans. Met elke beweging word sy meegevoer deur die speling van die kleure in die rok. Skielik kan sy nie wag om dit aan te trek en daardie partytjie by te woon nie. Vanaand gaan pret wees, dink sy en lek haar lippe nat.

    Toe Danielle weer tot verhaal kom, staan sy voor die spieël met die rok aan. Sy lyk asemrowend. Die rok kleef aan elke kurwe asof dit spesiaal vir haar gemaak is. Sy voel sensueel en sexy en toe sy in haar eie oë kyk, straal die krag en selfvertroue van ‘n sterk en wyse vrou daaruit.??? “Wow”, dink sy, “is dit regtig ek?” Sy draai om en begin lag, sy het nog nooit gevoel soos vandag nie. Danielle streel liggies oor haar borste tot haar tepels harde punte maak. Sy asem diep in en uit, kyk weer na haar beeld in die spiel en sy weet dat niks na vanaand weer dieselfde sal wees nie. Sy voel bang maar ook opgewonde. Onseker maar ook doelgerig – vanaand is daar geen verskonings nie. Sy gaan die partytjie bywoon en sy gaan stunning wees.

    Die huis op die heuwel staan in ligte laaie, selfs die bome is getooi in liggies en Danielle voel haar hart bollemakiesie slaan in haar bors. Sy is lus om terug te draai. “Wat het my besiel?” dink sy. Maar dit is te laat. Haar vriendin Tasja, storm by die voordeur uit en slaan haar arms om Danielle. “Vriendin!” roep sy uit, “jy is hier!” “En jy lyk absoluut asemrowend!” Danielle glimlag skaam vir haar uitbundige vriendin se uitlatings. Toe hulle die sitkamer binnestap, word dit stil om die twee vriendinne. Danielle hoor hoe word iemand se asem skerp ingetrek en ‘n glas val. Toe sy opkyk, is elke oog in die huis op haar gerig. Sy het nog nooit so naak en onder die vergrootglas gevoel nie. Sy glimlag in die algemene rigting van ‘n paar mense wat sy ken. Die gemoed ontspan en die gesprekke word hervat. Maar Danielle kan nie help om ondersoekende oë op haar te voel nie. Telkens wanneer sy opkyk is ‘n paar mans besig omhaar met hulle oë te ontklee. As haar oë hulle s’n ontmoet, kan sy sien wat hulle met haar wil doen. Sy glimlag en vat ‘n glas Ponz Gracz. Sy voel onweerstaanbaar.

    Onwillekeurig begin sy ontspan. Sy wieg liggies op die maat van die musiek, Amy Winehouse se “Valerie” blêr deur die vertrek. Skielik voel sy ‘n arm om haar middel gly. Dis Drikus. Hy glimlag sjarmant af na haar toe, en fluister, “jy lyk eetbaar vanaand.” Sy glimlag skalks en leun liggies teen hom aan. “Waar is Charne?” vra sy. ‘n Skaduwee beweeg oor Drikus se gesig. “Sy wou nie kom nie. ‘n Hoofpyn of iets.” Danielle leun swaarder teun hom aan en sy draai haar lyf na hom toe. Sy kan sien hoe hy haar inneem, die heuningbruin hare, die groot blou oë en die roosknopmond, wat sy terstond oplig in sy mond se rigting. Drikus kreun saggies. “Moet dit nie aan my doen nie,” sê hy. “Maar jy het dit aan my gedoen”, sê sy liefies. “Kan ons nie maar vanaand die verlede vergeet nie?” vra hy. “Net as jy met my dans.” En Danielle lei hom na die oopte wat reeds ‘n paar dansers akkommodeer.

    Sy pas maklik in sy arms se kring, asof niks tussen hulle gebeur het nie. “Ek kan nie ophou om na jou te kyk nie,” sê Drikus. “Hoe kon ek ooit so dom wees om jou te laat gaan?” Danielle glimlag net en maak haar oë toe. “Hou my stywer vas?” vra sy. Drikus is alte gewillig en druk haar teen sy bors vas. Hy voel hoe haar hart klop en sy keel trek toe. “Kom ons gaan buitentoe?” nooi hy. Sy weet sy moenie maar haar voete loop agter hom aan, haar hand in syne.

    Hy vind ‘n bankie teen die stam van ‘n reuse-eik en trek haar saam met hom daarop neer. “Ek begeer jou so!” fluister Drikus terwyl hy Danielle teen hom aantrek. Hy soen haar in haar nek en knibbel liggies aan haar oor. Sy steek haar hande onder sy hemp in en laat haar hande oor sy rug gly. Skielik soen sy hom en hy kreun hard. Danielle voel hoe Drikus se liggaam reageer op die soen. “Dit was nog nooit vantevore so intens nie,” dink sy. Sy druk haar borste teen sy bors en beweeg steeds haar hande oor sy lyf. “Wat doen jy aan my?” vra Drikus uitasem toe hy losbreek van haar soen. “Ek dag dis wat jy wou gehad het,” sê sy. “Ja … nee, ek weet nie. Ek het jou vanaand hier gesien en dit was asof die dinge tussen ons net wegval en ek kon myself nie keer nie! Ek moes net aan jou vat, jou soen, jou bemin.”

    “Bemin my dan,” daag sy hom uit. Danielle beweeg haar skouers en die silwer rok val soos ‘n waterval af en poel om haar heupe. Drikus trek sy asem skerp in. “Jy is die mooiste vrou wat ek nog ooit gesien het, Danielle”, “ek moet jou hê.” Danielle trek sy kop stadig af na haar borste toe en voel hoe sy mond oopgaan oor haar tepel. Die warmte van sy mond laat haar tepels saamtrek en hard regop staan. Sy voel in beheer en dit laat haar baie sexy voel. En gevaarlik. “Ja, dink Danielle, “ek voel gevaarlik sexy!” en sy gooi haar kop agteroor en lag saggies. Drikus beweeg na die ander bors en met sy hand streel en knie hy haar bors, haar rug, haar skouers. Danielle staan op en die rok val om haar voete. Drikus reik na haar warm vroulikheid en bêre sy gesig in die sagte hare. “Jy maak my mal, Danielle. Ek het jou nog nooit so gesien soos vanaand nie.” Sys ê niks, druk net sy gisig tussen haar bene in terwyl sy wydsbeen voor hom posisie inneem.
    Hy lek en suig en byt liggies, die skaamlippe, die klitoris, die gevoelige binnekante van haar bobene. Danielle sug diep, sy het lanklaas so ‘n gevoel van genoegdoening beleef. Sy weet dat Drikus niks wat sy nou van hom sou vra, van haar kan weerhou nie. Sy het hom heeltemal in haar mag.

    Danielle druk hom terug op die bankie en buk oor hom. Sy maak sy gordel en gulp los en streel liggies oor sy harde penis wat by sy onderbroek uitbeur. Sy gaan sit wydsbeen oor hom en begin hom weer soen. Diep en innig. Sy bevry sy penis uit sy onderbroek uit en voel die druppel op die kop. Danielle lig haarself ‘n paar sentimeter op en laat haar klam lippe die peniskop omvou. Drikus kreun en gryp haar heupe vas. Hy trek haar hard en vinnig af oor sy kloppende manlikheid en hulle begin beweeg in die oeroue ritme van minnaars. Toe Danielle voel dat haar klimaks naby is, maak sy haar oë oop en kyk Drikus vol in sy oë. Sy gesig vertrek in ekstase toe hy kom, en haar vaginale spiere trek saam, weer en weer en melk elke laaste druppel van sy orgasme uit sy penis uit tot dit versag en krimp binne in haar.

    Drikus sug ‘n lang, uitgerekte sug en sy mond val oop. Sy arms val lam langs sy lyf. Danielle sug van bevrediging. Sy lek haar lippe nat en swaai haar bene van Drikus af. ‘n Bietjie lug ontsnap tussen haar bene uit. “Oeps”, giggel sy. Sy tel die silwer rok op van die gras af en gooi dit liggies oor haar kop. Dit val oor haar liggaam soos ‘n maanligstraal en sy skud haar hare reg. Sy kyk nie terug na die stil figuur op die bankie nie. Sy voel soos ‘n tevrede kat na ‘n piering room terwyl sy terugstap na die helderverligte huis waar sy weet daar ‘n tweede of selfs ‘n derde man wag wat haar vanaand onweerstaanbaar gaan vind, en sy is honger...

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 6:53 pm