vanmôre soek ek troos in 'n wit son
wat opwip uit 'n ander land se bodem
om my te verblind met die afstand tussen ons;
ek wil glo dat die lappe see tussen my en jou
in eiesoortigheid van glas en wonders blou,
dat tornyne op jou horison ons versugtings
bloots ry en dat jy, dat jy geen kleure spaar
in jou drome oor my nie
die maan hang soos lood tussen my borste
en brand gate van ys waar my oë staar
na 'n oseaan wat hortend hyg na my warm lyf -
my lyf wat soos wondroos ontspring in
gedagtes oor jou;
sal jy vandag 'n meeu na my kuslyn vol
stormskade stuur
met 'n krop vol blinkertjies en (as jy dit kan inpas)
'n botteltjie gevul met jou asem ?
kyk, wilde heuning drup uit my lende
en hierdie wit son smeer vanmore my verlange
teen deurkosyne en vensterrame
nog is het einde niet hierdie seer verdriet
van dae sonder jou
vandag stapel ek my verlange op 'n silwer bord,
sier dit met aarbeie en sproeiertjies somer
en kou langsaam tot skemerte my
onder hierdie bloeiende son kom uithaal.
© 2012 Almarie Truter