Gedagtes gaan terug, eintlik hartseer
jou binnekamers nooit liefde makeer
staan bossies nou voordeur en ontsier
hoeveel vrede en geluk hier geseëvier
laat my na toeke se dae alweer verlang
jou versiersels trots oor my hart kon hang
kindergelag deur oop vensters opgeklink
ons warm koffie op die stoep sit en drink
kuier om kaggelvuurtjie tot na middernag
son deur druiweprieël vir ons glinsterlag
liefde was ons daaglikse seën en vennoot
staan jy verwaarloos alleen en verstoot
ek onthou die koolstoof se warmte saans
vlamme onder kospotte tintellenddans
staan koffieketel gereed, geur vul hele huis
ons hartlik liefdesessens deel in die kombuis
spensrakke staan vol perske-, tamatiekonfyt
groentuinakkertjies, blommegeure se jolyt
jou mure vertel verhale dat hier lewe was
van geboortes en sterftes, soms ‘n kuiergas
deur elke kamervenster die son kon inloer
warmte versprei oor poleerde plankvloer
portrette elke muur ter herinnering oordek
nou onherbergsame, onooglike, eensame plek.
2012/02/20 Joan Lotz