FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Fyn gemaal

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Fyn gemaal Empty Fyn gemaal

    Post by Barend Tue 20 Mar 2012, 6:33 pm

    FYN GEMAAL

    Woestyn verlate stroke
    jou hartklop verlore
    jare terug jou siel doodgebore
    die son in jou wese verdwaal
    geen liefde oor jou binneste
    kaal verniel deur 'n ysgreep

    geen lig sal ooit weer skyn
    daar waar jy heen verdwyn
    maak vrede met jou keuse
    hoonlag eggo deur die gang
    verskeur bejammerd
    liefde maak jou bang

    die meulsteen van die lewe
    knaag, vergruis alles in jou wese
    wat eers in glorie was
    is fyngemaak tot lewelose as

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Fyn gemaal Attachmentfyn gemaal.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (12 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:45 pm