FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Satans Sang

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Satans Sang Empty Satans Sang

    Post by Claira Summers Thu 22 Mar 2012, 3:22 pm

    Jy met jou lostorring
    snymessie tong
    torring al my nate los
    jy kom le en loer
    na alles wat ek doen
    jy ruik my swakhede op
    Jy weet waar om jou nes te maak
    in die chaos van my siel
    ek volg jou so sit-sit
    maar so draai die wiel
    Torring maar Satan
    torring maar los
    ek sal jou oorwin
    maak nie saak wat dit kos
    jy vertoring my siel
    ek verdra jou vandag
    Storms in my blou lug
    le verkrummel en wag
    kom dans op my horison
    dans op my graf
    ek sal jou verjaag
    en my God sal jou straf
    Kom vroetel jy maar
    in my oop wonde rond
    kom trippel woedend
    op my oggend se stond
    sal jou nie n oomblik
    se sonlig hier gee
    vir jou geen kans
    om my mee te sleur
    gaan sit maar en wag
    soos n aap op n klip
    eks een stappie voor jou
    my God bly my kruk
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Satans Sang Empty Re: Satans Sang

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Mar 2012, 3:39 pm

    kosbaar.
    goed neergepen.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Satans Sang Empty Re: Satans Sang

    Post by Claira Summers Fri 23 Mar 2012, 4:37 am

    Baie dankie Rudi. Waardeer die lees.

    Sponsored content


    Satans Sang Empty Re: Satans Sang

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 May 2024, 9:59 pm