Wat anders kan ek sê as dat ek jou uitsig mis?
Soms is die werklikheid te naby en die berge te bruin.
Wat anders kan ek sê as dat ek jou eiland mis?
Daar was altyd êrens ‘n laagwater om tot daar deur te loop.
Wat anders kan ek sê as dat ek jou strandwind mis?
Ons het soms kar toe gevlug om toebroodjies sonder sand te eet.
Wat anders kan ek sê as dat ek jou mistige oopheid na Melkbos mis?
Dinge verander en ek sien nou veels te maklik die eindbestemming.
Wat anders kan ek sê as dat ek jou stukkende skulpe mis?
Stuk vir stuk kon ek heel word terwyl ek hul op hout collage.
Wat anders kan ek sê?
© Torm 2012