FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Blouer as blou

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Blouer as blou Empty Blouer as blou

    Post by AmmieMoon Sat 24 Mar 2012, 2:54 am



    die Cabernet glip teen eie pas tussen my newels in
    en ek tap nag by die gelling
    verlange is fel
    jy sms die donders en weerlig wat oor jou horison speel
    en ek vibreer
    die neanderdal vrou binne my rebelleer
    teen die onthouding van reën en van jou

    'n kiewiet skril besete en 'n misbank oor die see
    demp lettergrepe wat wurg in my krop
    jou stem raak blouer as blou in my kop
    (hierdie afwesigheid ry my bloots)

    sou môre se dag jou nader bring aan my hande,
    my koorsige lyf
    ek probeer skryf maar verse kry vlerke en vlieg
    die hele kamer vol
    soos swaels wat sirkel voor 'n lang vlug na
    'n warm seisoen
    (ek onthou die lawa van jou tong)

    kom soek my in my drome vannag, my lief
    kom soek my waar ek fetus onder 'n feniks se vleuels
    kom haal my uit waar ek saggies jou naam prewel
    tussen donse van 'n vlugvoos voël.


    © 2012 Almarie Truter

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 6:35 pm