FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Roepstem

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Roepstem Empty Roepstem

    Post by Barend Sat 24 Mar 2012, 10:26 pm

    ROEPSTEM

    Soos die wintermis
    inrol oor die see
    weergalm jou liefde
    hoor ek jou siel skree

    hoor ek die soetste klanke
    spring rond van huisnok
    tot geelhout planke

    deur sonstrale het jy liefdesverhale
    geskryf wat die koue verdryf
    kleef aan my wese soos die son
    aan 'n bruingebrande lyf

    elke keer nes ek verdwaal
    kom jou roepstem my haal
    gee kleur aan my lewe
    eens grys en vaal

    jy die baken na wie ek smag
    die sonsopkoms in my dag
    saam jou sal ek altyd lewe
    vir jou liefde vir ewig strewe

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Roepstem Attachmentroepstem.jpeg
    You don't have permission to download attachments.
    (6 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 10:35 pm