FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    jou web

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    jou web Empty jou web

    Post by Barend Tue 03 Apr 2012, 10:09 pm

    JOU WEB

    Ek sit en wonder
    wie dwaal daar onder
    hoe het jy my hart
    oordonder en gesteel

    deur baie donker jare
    verdwyn tussen skare
    het ek doelloos rond gesweef
    skielik het jy gekom
    en jou web kom weef

    soms kan ek nog onthou
    die pyn en die rou
    oombilkke saam jou
    laat daai seer verflou

    in die skadu van die maan
    is dit net jy wat bestaan
    golwe breek teen rotse weer
    niemand sal my van jou af wegskeur

    ons groei in mekaar
    die wonderwerk wat net die heelal sal verstaan
    in die stilte van die nag
    is dit net ons twee wat bestaan

    © Barend van Huysen
    Attachments
    jou web Attachmentjou web.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (11 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 10:18 pm