FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    wense

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    wense Empty wense

    Post by Torm Mon 09 Apr 2012, 8:23 am


    ek wens ek kon
    alle onreg vir jou verberg onder beton
    en ek wens ek kon
    aldag en heeldag
    my net verlustig in jou warm hart se prag
    en saam rose sny in die son

    ek wil al jou seer besweer
    as ek kan
    ek wil die duiwels
    uit jou verlede verban
    en ek wil die Genesis dorings en distels
    met heilige vuur vir jou verteer

    die vraag waarvoor jy te veel
    styl het om te vra:
    hoe lief is ek vir jou?
    hoeveel druppels in die Stille Oseaan?

    © Torm 2012

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 2:31 am