FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Boesmans

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die Boesmans Empty Die Boesmans

    Post by Rudi Coetzer Mon 23 Apr 2012, 12:51 pm

    Daar is ñ traan
    op die wang
    van die maan
    wat vanaand hang
    oor die Kalahari .

    Hier waar ñ tragedie
    hom afgespeel het
    en die maan
    hulpeloos moes toegekyk het –

    hoe die kinders
    van die Kalahari
    uitgejag en uitgemoor is
    vervolg en verdryf is
    en nou vir altyd
    verlore is
    vir hier godsverlate-aarde .

    Daar is ñ traan
    op die wang
    van die maan
    wat vanaand hang
    oor die Kalahari .


    ( 21/02/2012 22hH54 )

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:52 am