(8/12/2009)
Versonke in glimmersand,
met 'n sak vol tsammas en 'n woestynvos
wat my dwaalspoor volg,
tuur ek na jou Mara,
jou woestynoog wat my moet voed
met rus en lewende water.
Grinterig beur ek deur warm sand
wyl halfmens vir my wuif
en ek jerigorose en woestyntulpe
pluk vir jou.
Die Gobi se verlatenheid
leun teen die Sirokko,
sy ruheid probeer my keer,
maar jy speel jou soete fluit
vir my om rigting te behou,
om my nie in skyndood te begewe,
nie sal ophou om aan jou hand van
lewe te klou.
Toe my voete die oumensbaard
van jou oase (oortrek met bokbaaivygies
en stil gestolde palms) betree,
gee ek jou oekase oor my,
bed jy my oë met jou soene,
loop my uurglas leeg
in jou hart .
© 2009 Almarie Truter
Versonke in glimmersand,
met 'n sak vol tsammas en 'n woestynvos
wat my dwaalspoor volg,
tuur ek na jou Mara,
jou woestynoog wat my moet voed
met rus en lewende water.
Grinterig beur ek deur warm sand
wyl halfmens vir my wuif
en ek jerigorose en woestyntulpe
pluk vir jou.
Die Gobi se verlatenheid
leun teen die Sirokko,
sy ruheid probeer my keer,
maar jy speel jou soete fluit
vir my om rigting te behou,
om my nie in skyndood te begewe,
nie sal ophou om aan jou hand van
lewe te klou.
Toe my voete die oumensbaard
van jou oase (oortrek met bokbaaivygies
en stil gestolde palms) betree,
gee ek jou oekase oor my,
bed jy my oë met jou soene,
loop my uurglas leeg
in jou hart .
© 2009 Almarie Truter