die storm dreun weer vanaand
soos strydwaens oor die vlakte
van Armageddon
en die aarde ruk diep binne
soos met die val van die groot
Babilon
maar niks kom by die verlatenheid
van die skeiding tussen ‘n siel
en sy sielsgenoot na die groet -
nie eens die gevlekte vlakte van die Eindstryd
en riviere van bloed
wat kom tot by ‘n perd se stang
kom by een traan op die wang
van een helfte van ‘n groot liefde
gestort by die finaliteit
van een sterfte
© Torm 2012_Hoofstuk 2