Hy groet haar vriendelik
as hy moeg
by die huis instap
hy kom tot stilstand
waar sy op die rusbank uitgestrek lê,
haar teer op die voorkop soen
en vra hoe was haar dag
terwyl sy net strak die verte instaar
effens, asof in skok
staan hy terug
weereens is sy vanaand afsydig
en maak asof hy nie bestaan
hy skud sy kop in disbelieve
en skakel die sport kanaal aan
want hy ken die nare gevoel
van stilstuipe wat op hom wag.
“Soek jy ‘’n dop, Suzi”
vra hy vanuit die kombuis
ek’s moeg en nie lus vir kook
sal maar weer take-outs
soos gistraand moet kry.
As hy sy skoene uitskop
en whiskey on the rocks geniet
probeer hy weer small talk maak
maar dis sinneloos,
daar is geen verskil
tussen vanaand
die aande van gister en laas week.
Hy is n nice ou
en sê steeds vir homself:
“Suzi is ‘n lekker chick
‘n girl van min woorde,
die stil tipe
nes ek haar like op haar plek
en sy praat nooit terug”
Vanaand is anders:
hy soek haar,
wil he sy moet luister
net ‘n bietjie wys
sy stel ook belang
hom wys hy is eintlik OK
sê hy is haar special one
Later raak hy ook stil
wanneer hy amper in afguns
na haar staar
haar verdomde blonde pruik
sy wat alewig oopmond sit
hy besef die verhouding sal na nêrens lei
want Suzi sal altyd
net ‘n plastic opblaas-pop bly
BennyB
© 24/01/2011 Barend Booysen
as hy moeg
by die huis instap
hy kom tot stilstand
waar sy op die rusbank uitgestrek lê,
haar teer op die voorkop soen
en vra hoe was haar dag
terwyl sy net strak die verte instaar
effens, asof in skok
staan hy terug
weereens is sy vanaand afsydig
en maak asof hy nie bestaan
hy skud sy kop in disbelieve
en skakel die sport kanaal aan
want hy ken die nare gevoel
van stilstuipe wat op hom wag.
“Soek jy ‘’n dop, Suzi”
vra hy vanuit die kombuis
ek’s moeg en nie lus vir kook
sal maar weer take-outs
soos gistraand moet kry.
As hy sy skoene uitskop
en whiskey on the rocks geniet
probeer hy weer small talk maak
maar dis sinneloos,
daar is geen verskil
tussen vanaand
die aande van gister en laas week.
Hy is n nice ou
en sê steeds vir homself:
“Suzi is ‘n lekker chick
‘n girl van min woorde,
die stil tipe
nes ek haar like op haar plek
en sy praat nooit terug”
Vanaand is anders:
hy soek haar,
wil he sy moet luister
net ‘n bietjie wys
sy stel ook belang
hom wys hy is eintlik OK
sê hy is haar special one
Later raak hy ook stil
wanneer hy amper in afguns
na haar staar
haar verdomde blonde pruik
sy wat alewig oopmond sit
hy besef die verhouding sal na nêrens lei
want Suzi sal altyd
net ‘n plastic opblaas-pop bly
BennyB
© 24/01/2011 Barend Booysen