FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Daar soek ek na jou

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Daar soek ek na jou Empty Daar soek ek na jou

    Post by hanlie Leach Thu 15 Sep 2011, 1:57 am

    In die sirkel van my halfmaan arms
    daar soek ek jou
    waar jy teen my bors kan staan
    jou hartklop myne raak
    in die holte van my verlang
    daar voel ek jou
    as dit pyn wanneer ek
    jou onthou.

    In die vraagteken van my lyf
    daar soek ek jou
    waar ek smag op antwoorde
    wat stom in my vraagteken lê
    woorde wat ek jou so graag
    sou wou hoor sê
    maar ek het lankal vergeet
    van rigting en tyd
    en soms van jou.

    In die branders wat breek in my
    daar soek ek jou
    in die groen-blou heimweë
    wat oor my spoel
    wit skuimbrandertjies
    in my oë laat speel
    dis daar waar ek jou onthou
    ek bly sonder heenkome
    sonder rus
    want dis jou wat ek
    in my hart mis.

    In die stille ruimte van my hart
    daar soek ek jou
    waar liedjies woorde maak
    ek met hulle aan jou
    hart kan raak
    in tydlose nagte
    waar ek na jou roep
    swerwend by jou verby
    weet iewers is jy
    daar teen die hemelruim
    sal n ster brand vir my
    in sy lig sal ek jou oë kry

      Current date/time is Fri 03 May 2024, 3:48 am