FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Mooiste ou Tafelberg...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Mooiste ou Tafelberg... Empty Mooiste ou Tafelberg...

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 6:30 pm

    mooiste ou Tafelberg
    altyd op jou pos
    daar staan jy al vir eeue heen
    soos trots kapok haan pronk
    oor stad selfs oor vlaktes heen
    oor diepe oseane
    waar wind en reën
    jou prag nie kon verwoes
    steeds staan jy…soms en ween?

    helder stads liggies aanskou jy
    flikker-flikker elke aand
    jou back-drop ‘n pikswart hemelruim
    waar sterretjies vrolik skitter
    ‘n vol mistieke maan
    hou soms ‘n oog oor jou
    ‘n brandende, soms skroeiende son
    jou horisonne van kus tot kus verhelder

    van bo af beloer jy
    besige straat nagte
    baie geheime dra jy met jou heen
    maar swyg sal jy vir altyd
    wie kan jou tog hoor…?

    ‘n skuiling vir baie
    oor die eeue heen
    mens en dier
    selfs die kleinste goggatjie
    geniet jou welige natuur

    mooiste, mooiste ou Tafelberg
    kan ek jou my geheime vertel
    al die hartseer, al die vreugde
    ek’s seker jy het dit al gehoor…

    daar staan jy elke dag
    grote ou berg getrou…
    kan ek jou tog maar vra
    of jy nie vir altyd
    my styf in jou weligheid wil toevou…?

    03-08-2011

      Current date/time is Wed 29 May 2024, 3:13 pm