FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Jy !Wow!Jy Wow my!

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Sep 2011, 10:03 pm

    My hoop om liefde te vind
    om te borrel
    te explode in spontaniteit
    te lag
    sommer net van happiness
    en lewenslus
    het tot onlangs
    my nie beskaam nie

    diep binne my diepste binneste
    het die vlammetjie
    van faith
    bly brand

    faith dat daar ʼn jy
    iewers is vir my

    jy wat my hart
    en my brein
    sonder tussenpose
    elke sekonde stimuleer
    sonder dat jy probeer-
    net omdat jy jy is

    jy wat ek ken
    sonder dat ek jou ooit ontmoet het
    sonder dat ek jou ooit gesien het
    jy wat net sommer bekend is
    jy by wie ek sommer net tuis is

    jy vir wie ek my lewe lank
    getrou elke dag
    woorde voor gespaar het
    woorde wat ek tot nou toe
    net vir jou gebêre het
    woorde wat net jy kon ontsluit het
    woorde wat net uit my uitvloei-
    uit my wat nooit iets het
    om te sê nie

    jy vir wie ek
    my lewe lank
    my gevoelens voor teruggehou het
    begrawe in die spelonk van my hart
    en die gangetjies van my brein
    en orals tussenin

    jy wat die kaart na die skat
    van my liefde besit -
    sonder dat jy dit besef het
    sonder dat jy dit geweet het

    jy aan wie ek
    heeltyd wil vat
    my vingerpunte
    verwonderd
    verslaaf
    aan die voel van jou vel

    jy vir wie ek
    styf vas wil hou
    met wie ek wil cuddle
    omdat ek myself
    nie kan weerhou nie
    nie wil weerhou nie-
    omdat ek myself gun:
    gun om te gee
    gun om te neem
    gun om te ontvang

    jy na wie
    ek net wil kyk
    heeltyd
    altyd
    net omdat jy jy is
    en ek my oë nie
    van jou af kan hou nie

    jy wie se wese ek
    elke oomblik
    in my retinas
    wil inbrand-
    jy wie ek geen enkele oomblik
    van wil mis nie

    jy vir wie ek
    in die veld
    ʼn blommetjie voor soek-
    al is daar nie-
    en ek soek
    tot ek een kry
    (hoe klein ook al)

    jy vir wie
    ek ʼn klein wit klippie
    uit die modder haal
    terwyl ons stap
    (en die modder
    tussen my vingers afvee
    voor ek die klippie
    vir jou gee)
    omdat jy so kosbaar
    is vir my

    jy vir wie
    ek ses keer
    op ʼn dag tande borsel
    omdat ek nie
    kan ophou om jou te soen nie
    en jy nie
    van rook hou nie

    jy wie heelnag
    in my arms
    kan slaap
    terwyl ek heelnag
    op my rug lê-
    terwyl ek kon nog nooit
    heelnag
    op my rug kon slaap nie
    (en ek onthou soos gister
    die gevoel
    van absolute verwondering
    en ongeloof
    toe ek die volgende oggend
    wakker word
    steeds op my rug
    met jou steeds
    in my arms
    WOW!)

    jy vir wie
    ek langs die pad stop
    oppad van die dorp af
    om ʼn liedjie
    voor te speel
    op die ingewing van die oomblik
    en jy my dan
    uit die bloute uit
    spontaan soen
    (WOW!)

    jy vir wie
    ek elke keer
    wat ek vir jou gaan kuier
    wil verras
    met ʼn klein verrasingkie:
    ʼn sepie
    (met Tee-Tree oil, vir jou velletjie);
    myself
    glad geskeer
    (en sonder ʼn snor);
    ʼn cd van Circus Diablo
    met die liedjie Loaded op
    (because you blow my mind);
    ʼn bos tulpe
    want rose is so gewoon
    en jy is alles but gewoon

    jy vir wie
    ek kan sê:”Ek is lief vir jou!”
    omdat ek is
    en myself nie
    kan verhelp nie-
    dit nie kan terughou nie
    en dit nie wil terughou nie

    jy saam met wie
    ek wil kerk toe gaan
    omdat ek die behoefte het
    en dit selde ooit
    in my lewe gehad het

    jy vir wie
    en oor wie
    ek poetry kan skryf-
    nie oor wat kon gewees het nie,
    maar oor wat is
    (a new one for me)

    jy wat is
    presies soos
    ek geweet het jy sal wees
    jy wat sin
    aan my lewe gee
    betekenis
    purpose

    jy wat my
    puppy eyes gee

    my ‘Eye of the Tiger’ gee

    confidence
    determination-
    to be the best me-
    om te leer
    om te groei
    om uit te styg
    om te experience
    om te waag
    om sommer net
    dankbaar te wees
    te streef

    lief te hê

    jy wat faith het in my
    jy wat my sien
    vir wie ek is
    vir wat ek is-
    jy wat my aanvaar

    jy
    jy wat lief is vir my

    jy met wie
    ek wil liefde maak
    met my hele liggaam
    my hele siel
    my hele wese

    jy
    jy wie ek wil plesier
    met ʼn fyn balans
    tussen my tender touch
    my tender siel
    my tender lang stadige soene
    en my honger passionate hart

    jy saam met wie
    ek wil meegevoer word
    stadig
    intense
    na ekstasse
    en met care
    met die lig aan
    terwyl ons in mekaar se bruin oë verdwaal
    verdrink
    verlore in ons liefde
    in ons heilige oomblik

    en na die tyd
    my kop op jou
    natgeswete borste wil lê
    en luister na jou hart
    se gallop

    en jou dan styf wil vashou
    my gesig gebêre in jou nek
    en sweet nothings
    in jou oortjies fluister

    jy vir wie
    ek ontbyt in die bed wil gee
    terwyl ons naweke saam is

    jy
    saam met wie
    ek wil shower
    en wil bad

    jy
    wie se ruggie
    ek wil was

    jy wie se
    nek ek wil masseer
    wanneer jy hoofpyn het
    en saggies jou
    slape vryf

    jy saam met wie
    ek in die aand styf
    voor die kaggelvuur
    wil sit
    en in die kole tuur

    jy
    jy wie se voetjies
    ek wil soen

    jy
    jy saam met wie
    ek ʼn kind wil hê
    my en jou se kind
    ons kind

    jy
    jy saam met wie
    ek ʼn familie wil wees
    ʼn gesin
    ek en jy
    en jou seun
    (wat eintlik my seun is…)

    jy
    jy vir wie
    ek uit Pretoria sal trek
    (want jy is so happy
    daar waar jy bly
    en so happy
    by jou werk)

    jy
    jy wat my nagte
    laat wakker bly
    of ek by jou is
    en of ek hier is-
    (want selfs wanneer
    ek by jou is
    lê ek ure wakker
    en kyk na jou
    en luister na jou
    terwyl jy slaap)

    jy
    jy wat vir dertig sekondes snork
    elke keer
    voor jy slaap

    jy
    jy sonder wie
    ek empty is

    jy
    jy sonder wie
    ek half-mens is

    jy
    jy sonder wie
    ek verdwaal
    en verlore is

    jy
    jy sonder wie
    ek nie rigting het nie

    jy
    jy sonder wie
    ek stukkend is

    jy
    jy saam met wie
    ek heel is

    jy
    jy vir wie ek
    boodskappies wil stuur
    elke dag-
    per sms
    mms
    e-mail
    (selfs terwyl ons saam is)

    jy
    jy wie ek
    laatnag wil bel
    om ure mee te praat
    sommer net oor enigiets-
    (want ek kan met jou praat)-
    en ek wil met jou praat

    en omdat ek
    jou stem wil hoor
    en jou lag wil hoor
    en wil verdwaal
    in jou spontaniteit
    en die warmte in jou stem

    jy
    jy by wie ek
    op die bed wil sit
    stil
    sonder praat
    terwyl jy jou vroue goedjies doen
    en deur jou mooimaak ritueeltjies gaan

    jy
    jy by wie ek
    op die bed wil sit
    stil
    sonder praat
    terwyl jy jou
    hare droog blaas

    nou
    nou het ek jou ontmoet

    jy
    jy wat ek
    nog altyd geken het

    jy
    jy wat bekend is

    jy
    jy wat pas
    perfek soos ʼn legkaart stuk-
    ʼn legkaart
    wat se beautiful prentjie
    my captivate

    en wanneer
    ek terugstaan
    en na die prentjie kyk
    vloei my trane warm
    en dankbaar
    en nat
    oor die blos
    op my wange

    en klop my hart warm
    warm soos my liefde

    Jy!Wow!Jy Wow my!

    *************
    ( Kan ek jou nie maar ook Wow!nie?
    Geskryf van 22h15 14/11/2007-01h16 15/11/2007
    en van 17h15 16/11/2007 om voltooi te word
    19h30 16/11/2007.
    My hoop beskaam nie,dat jy dit sal raaklees nie.
    Jy is my genie-girl.)



    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by AmmieMoon Thu 15 Sep 2011, 11:31 pm

    WOW !!!...jy WoW my weereens met hierdie vers en ja, hierna soek ek ook,......DESPERAAT! so, let's hope ! Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Rudi Coetzer Fri 16 Sep 2011, 1:28 am

    ag dankie......die was een van daai sielswerke wat soos n koel bergfontein net geborrel en geborrel het......(Nota; Desperaat is nooit n goeie dinge nie.....*hugs*)
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Bigteddybear Fri 16 Sep 2011, 3:47 am

    Wow! Baie nice!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Rudi Coetzer Fri 16 Sep 2011, 2:31 pm

    Dankie.waardeer baie.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Enid Fri 16 Sep 2011, 6:25 pm

    geborrel indeed, oppas vir die terugkom aarde toe meneer...
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Rudi Coetzer Sun 18 Sep 2011, 3:46 pm

    heheeh...ja...dit was sonder n valskerm.....en ekt n krater in die klipkoppies geval......

    Sponsored content


    Jy !Wow!Jy Wow my!   Empty Re: Jy !Wow!Jy Wow my!

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 8:29 pm