FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy Is...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Jy Is... Empty Jy Is...

    Post by Isabel Q Fri 16 Sep 2011, 12:31 pm

    jy is die vonkel in my oog
    die helder kleure in my reënboog
    die verruklike geur in ‘n bloed rooi roos
    die mooiste lied op my ou draadloos…

    jy is die heuning in my tee
    die onstuimige golwe in my see
    my veilige skuiling in die reën
    van my Hemelse Vader ‘n seën…

    jy is my glimlag in die eerste môre glans
    die ritme in my verleidelike dans
    die vrolike huppel in my stap
    die diepe spore in my hart getrap…

    jy is die geluid wat op die aandwind gly
    die pragtige gestalte wat elke sintuig verbly
    my lig wat skyn in die donkerste nag
    my “Salomo” in wysheid en prag…

    jy is die een wat my bekoor
    die een wat my hart deurboor
    die een by my verewig en ‘n dag
    die een na wie ek hunker elke nag…

    jy is…jy was…jy sal altyd wees…jy is…

    30-06-2011

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 7:22 am