FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    So kom ons om, so kom ons om...

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    So kom ons om, so kom ons om... Empty So kom ons om, so kom ons om...

    Post by AmmieMoon Fri 16 Sep 2011, 8:30 pm

    bamboeswalms soutloop deur vleuels
    en laagmis sleep hanggat vooruit,
    betrokkenheid van 'n vissersdorp se spuug
    voor wêreldse pretensies, ghwel teen randsteen en teer -
    vis en tjips papiere hang soos vuil gedagtes
    teen platgetrapte drade

    arm kinders pie in die see
    en skree oopbek vir daddy om die hondsdol hond te keer
    wat knaag aan die gesin se binnekring,
    die pastoor soek sy kudde maar kerkdeure hang
    aan geroeste skarniere,
    die gemeente hou nagmaal op die strand
    tussen warm askoek en koue biere;

    tussen bokkoms en madeliefies
    wat songeel vrot teen weskus mure,
    loop die uurglas stadiger as elders;

    hier veg ek vir myselwers -
    'n eiland wat gewigloos dopper in tyd
    teen alledaagse sleur en verganklikheid.


    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    Guest
    Guest


    So kom ons om, so kom ons om... Empty Re: So kom ons om, so kom ons om...

    Post by Guest Fri 16 Sep 2011, 8:36 pm

    "n blik op realiteit en aanvaarding, op die samelewing en verloop binne ons eie stukkie leef! jou observasie oor die hierdie sny van jou wereld is puik hier uitgebeeld!
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    So kom ons om, so kom ons om... Empty Re: So kom ons om, so kom ons om...

    Post by Torm Sat 17 Sep 2011, 12:04 pm

    Ek kan kommentaar lewer! En ek hou vannie gedig.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    So kom ons om, so kom ons om... Empty Re: So kom ons om, so kom ons om...

    Post by SWERWER Mon 19 Sep 2011, 11:46 pm

    Horison wat so nou gespan is dat die bestaan nie verder as vis en tjips papiere gesien kan word nie. So dobber ons almal op ons eie vissersmans stegie! Daar moet meer wees.
    Pinkalicious
    Pinkalicious


    Location | Ligging : Saldanha
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 5
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-19
    Age | Ouderdom : 69

    So kom ons om, so kom ons om... Empty Re: So kom ons om, so kom ons om...

    Post by Pinkalicious Tue 20 Sep 2011, 12:15 am

    Very Happy Dit is vir my uit die diepte van jou hart geskryf....

    Sponsored content


    So kom ons om, so kom ons om... Empty Re: So kom ons om, so kom ons om...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 9:33 am