FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wil jy nie maar vannaand

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Wil jy nie maar vannaand Empty Wil jy nie maar vannaand

    Post by hanlie Leach Sat 17 Sep 2011, 1:42 am

    Wil jy nie maar vannaand

    Wil jy nie maar vannaand
    al is dit woordeloos
    dit sal my nie pla......
    net hier naby my kom lê,
    dis jou lyf waarin
    my gedagtes
    vannaand verdwaal
    in doodloopstrate
    en blinde hoeke
    myself kry

    soekend in stegies
    agterstrate sonder lig
    stasies en stilhouplekke
    onder 'n hoë brug,
    rigtingloos verdwaal
    soekend na jou
    oë se weerkaatsende lig
    strompel ek terug

    dof weergalm my
    hol spore eggo's
    deur my leë lyf
    verset hul teen die
    vurige begeerte
    die bedwelming
    wat verlammend
    in hul kom lê
    as hul verlang om
    jou hier te kry.

    Wil jy nie maar vannaad
    jou kandelare aansteek
    die skadukolle klein
    oomblikkies verlig
    my verdwaal net
    bietjie makliker maak,
    my toelaat om sonder hande
    aan jou lyf te raak
    want ek onthou nog
    soos gister hoe die
    hitte van jou lyf voel.
    avatar
    Guest
    Guest


    Wil jy nie maar vannaand Empty Re: Wil jy nie maar vannaand

    Post by Guest Sat 17 Sep 2011, 1:49 am

    ek is gek na hierdie gedig die hunkering en teerheid daarin is so mooi!

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 8:29 am