FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Jessibel

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Jessibel Empty Jessibel

    Post by BennyB Sat 17 Sep 2011, 11:45 pm

    My hart voel skel gehul
    in die koue van 'n winter môre

    ...droë wit versier die stomp van 'n bejaarde stad
    en demp die pols onder 'n gryse miskombers

    straatkind en boemelaar
    lê laat want die windjie sny sny
    deur gees en vlees
    na 'n nag se bitter byt

    nog 'n dag tussen stof en stank
    waar die stad weer wek

    werkers wat skarrel en stry teen verkeer
    terwyl sirenes loei

    en nog 'n seer storie sterf

    die is my stad
    die is my Jozi
    hart van die hoer
    Afrika se hartklop
    dryfkrag van industrie
    die hoop van menig goue drome

    dit is tyd
    ek moet jou vertel
    dit breek my hart
    maar ek weet jy sal verstaan
    ek het jare vir jou gegee
    die beste van my

    in jou arms toegevou

    in Hilbrow en Yeoville
    het ons nagte aanmekaar gejol

    my huis getrek van Kensington
    Sandton tot SunningHill
    waar jy my altyd knus gehou het

    vergewe my, my liefste Jessibel

    jy was goed vir my,
    maar nou wag n nuwe droom op die horison
    waar my hart kan heel
    in vroeë lente moreson.


    BennyB
    ©06/07/2011 Barend Booysen




    Last edited by BennyB on Tue 20 Sep 2011, 3:29 am; edited 1 time in total
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Jessibel Empty Re: Jessibel

    Post by anderkant Mon 19 Sep 2011, 8:45 pm

    Jy skryf so diep dat dit 'n sonde is om kort kommentare te lewer, maar ek sukkel werklik om woorde te vind. Weereens puik gedoen.
    avatar
    Guest
    Guest


    Jessibel Empty Re: Jessibel

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 8:50 pm

    die eerste keer ek die werk gelees het was op n koue winters oggend ek kon letterlik elke strofe voel soos dit lewe kry in elke sin!

    Sponsored content


    Jessibel Empty Re: Jessibel

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 1:26 pm