FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Refleksie

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Refleksie Empty Refleksie

    Post by BennyB Sat 17 Sep 2011, 11:48 pm

    Windverwaaid dans my hart
    teater in sy eie maskerbal
    duskant 'n reënboog waar jy dalk wag
    by ‘n wishing well.

    Jou refleksie spieëlbeeld
    in my miskien-droom
    van jou -

    waar jy kaalvoet loop
    deur gange en kamers van my verlange
    waar my hart
    eens heel was

    wind donner en pols vanaand
    meer verwoed as gisteraand
    en ek kan myself nie help nie
    want die sleutel tot my hart
    lê iewers verlore
    in refleksies van ‘n wishing well.


    BennyB
    ©02/07/2011 Barend Booysen


    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Refleksie Empty Re: Refleksie

    Post by anderkant Mon 19 Sep 2011, 8:43 pm

    Ek MOET stop hierby. Doodstil staan. Puik.
    avatar
    Guest
    Guest


    Refleksie Empty Re: Refleksie

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 8:47 pm

    Benna,.. die stroming van die nanag le dik blink in jou werk ek herhaal wat ek n paar dae gese het, jy is n meester digter soos min ek ken, jy inspireer na n standaard ver bo die normale dank jou

    Sponsored content


    Refleksie Empty Re: Refleksie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 10:02 am