onsigbare gespe oor 'n vakante hart.
verbyvloei trane oor jou afwesigheid -
jou windsug in onweer se gryse smart
'n storm sonder klank ontketen in lyf,
letsels van jou exit
in bloedletters oor my hals geskryf.
knielend, hoof gebuig,
hoe leer 'n liggaam weer
om deur donders te dans en juig?
op my hart se greinhout vloer
sien ek jou skuinsweg deur nuutgevonde gleuwe
vir my loer.
© 2009 Almarie Truter
( 20 Nov. 2009 )