FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    As die maan in my kamer dans

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As die maan in my kamer dans Empty As die maan in my kamer dans

    Post by BennyB Mon 19 Sep 2011, 3:05 am


    In sagte draaie
    dans ‘n volmaan
    nou kalm weerkaatsend
    deur ’n vroeër hart se
    rouste blou

    Aan die ander kant
    dra eggo’s swaar aan leë woorde
    van eendag se beloftes,
    vanaand se verwagting
    warrelwind iewers tussen
    nou en niks en nêrens

    Die hemel drapeer
    ongekende satyn emosies
    waar ek stil drentel in ’n kosmos
    van verlange en hoop,
    raak jy stil stil aan my dromershart
    net vir ‘n oomblik
    net vir nou

    My hande soek
    in die leeg van my bed
    tussen lakens vervloek,
    deur laatnag verlange
    steeds alleen
    vir nou

    My bed steeds leeg.

    BennyB
    ©18/09/2011 Barend Booysen
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by AmmieMoon Mon 19 Sep 2011, 3:30 am

    Jirrettjie tog Ben !!!!! Hierdie is een van daai verse van jou wat my altyd sal laat terugdraai elke nou en dan, om weer te kom lees ! Hier is 'n pouveer vir jou - jy het rede om te pronk met 'n vers soos hierdie !!!! (op hierdie een is ek groen jaloers Smile)
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by BennyB Mon 19 Sep 2011, 3:35 am

    Sjoe...baie dankie Ammie, dit beteken baie komend van Jou!
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by Bigteddybear Mon 19 Sep 2011, 11:03 am

    Baie nice Benny, weet nie waar jy jou woorde uitgrawe nie maar dit is voorwaar'n gat met baie!
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by Julia Hill Mon 19 Sep 2011, 1:25 pm

    Benny a true work of excellent penmanship - I salute you! It is yet another example of work that inspires one to reach for greater and greater heights within ones own work!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by BennyB Mon 19 Sep 2011, 8:35 pm

    Baie dankie Marinus, miskien 'n gat ja. Moet maar mooi krap om al die scrap ook!
    Jules, thanks darling! Your words will help me to do better I'm sure!

    Sponsored content


    As die maan in my kamer dans Empty Re: As die maan in my kamer dans

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 9:54 pm