FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek, die spook en die grafsteen op my stoep

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek, die spook en die grafsteen op my stoep Empty Ek, die spook en die grafsteen op my stoep

    Post by BennyB Tue 20 Sep 2011, 3:09 am

    Ek. 1

    tot stilte
    se doodstop
    slaan lewe
    blind oog
    verlustig
    film flits vurig
    witskerm
    se geestesoog
    verwarring tru staan
    plek maak
    in droom volmaking
    in my nou
    en more
    realiteits-verlange

    in stilte klein
    bou golf
    verskietende ster wense
    wit lig in donker kamers
    geroeste skakels
    en lewe se ballingskap
    kettings breek

    ek staan stil
    asem snak
    verlig in hartklop
    bloed pols
    bruis deur nog 'n hoofstuk
    waar my vingers dans
    tussen woorde
    my droom en realiteit
    in ongekende opwinding
    as nou my hand vat
    en saam my stap
    tussen woorde
    se oop spasies.


    Die spook. 2

    in die donkertes
    van my skaduwee
    in memories
    van laatnag drome
    se owerspel en ballingskap
    sleepspoor draal gesange
    in maskerbal
    as ek wonder
    of jy die gesig
    van my laatnag
    eensydige gesprekke
    in 'n afwesige emosionele
    gemoedsverkragting is
    ek vra weer
    is jy die een
    in my laatnag
    laatnag sielswroeging?


    Die grafsteen. 3

    R.I.P
    uitgekrap
    in swaar swart smart
    dans demoon sewe maal
    al in die rondte
    terwyl sekelmaan sny
    in sy grim reaper moves
    witbors koggel kraai se kind
    as hy moonwalk
    op begrafplaas se sandsteen ringmuur
    terwyl ou vergetenes koor sing
    woorde ril rattle
    die koue nag wind
    fluit deur bros ribbekasbeendere
    rest in peace
    sing donker nag figure
    as hul dans om ou begrafplaas
    se smart grafstene


    Die stoep. 4

    hier in die donkerte
    van my nagtelike plesier
    speel ek skaak
    troef ek lewe
    daag ek die queen
    om saam te ballroom
    tussen swaarklip grafstene
    as my doringdraad kroon
    my status in bloed vereer

    spook en trawante
    speel kelder
    dra drank
    op swaar silwer skinkborde
    drapeer in bowtie en manelpak
    een laaste keer

    vannaand onder volmaan se mou
    is dit die laaste dans
    om grafsteen
    op my stoep
    en ek jou groet
    die gesig van my laatnag
    donker droom

    BennyB
    © 19/03/2011 Barend Booysen

    avatar
    Guest
    Guest


    Ek, die spook en die grafsteen op my stoep Empty Re: Ek, die spook en die grafsteen op my stoep

    Post by Guest Tue 20 Sep 2011, 3:13 am

    wow! nie 'n erkende afrikaanse uitdrukking nie maar wow! my gunsteling sonder twyfel die R.I.P vers!! beslis uitsonderlik gedoen

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 2:27 pm