FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Onversadig

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Onversadig Empty Onversadig

    Post by AmmieMoon Tue 20 Sep 2011, 3:14 pm

    'n gebreekte somer is moeilik om te las -
    'n son wat drup op gevlegte matte
    waar ek sukkel om jou in die lig-arm spens
    van my hart te pas

    ek proe steeds oorryp aarbei soene,
    gebottel en bêre tussen fyngemaalde koring
    en gister se winterkaneel ,
    lente wat suikerbekkiestroop onder moeseliendoekies
    uit 'n erdeskottel steel

    koffie stoom vanaand teen 'n oorgang seisoen
    wat lepellê waar jy so volmaak gepas het -
    oor heup deinings en die vrug-aarde-vallei
    van suiwel dye

    omkyk, herkou en weer beleef word daelikse manna
    en ek bevind my telkemale in ons gebreekte somer -
    onder 'n sekelmaan, waar ek hande na bowe
    smekend staan.



    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    Guest
    Guest


    Onversadig Empty Re: Onversadig

    Post by Guest Tue 20 Sep 2011, 3:17 pm

    ek bevind my telkemale in ons gebreekte somer,.......... ek is woordeloos in herkenning van jou gedagtes!!
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Onversadig Empty Re: Onversadig

    Post by Julia Hill Fri 23 Sep 2011, 12:37 pm

    Ammie - jy tower queen of words I salute you!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Onversadig Empty Re: Onversadig

    Post by AmmieMoon Fri 23 Sep 2011, 1:03 pm

    Dankie julle twee....Ek waardeer groot ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Onversadig Empty Re: Onversadig

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 3:50 pm