FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Skivvy dae

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Skivvy dae Empty Skivvy dae

    Post by AmmieMoon Fri 23 Sep 2011, 11:53 am

    Saterdae is skivvy dae
    gekait met palmwyn
    deur die paisley krinkels
    van naweek jolyt.

    Smoesies en frommelplooi
    verskuil in smackeroo's
    wat kleinvinger roer
    in die lekker lawwe dinge
    van speelpatrone en kantiene.

    Pantsula op straathoeke
    met die ewige soeke na
    Captain Morgan en sy crew,
    jeukerig en jags, tot boordensvol
    uitspat plesier.

    Patjisis tussen ys en glase
    gedompte fakkels teen die
    vlamme van 'n eindelose nag
    Saterdae se loslit geite
    van foefies en giggellag.



    © 2011 Almarie Truter
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Skivvy dae Empty Re: Skivvy dae

    Post by Julia Hill Fri 23 Sep 2011, 12:14 pm

    Hierdie laat my lekker glimlag Smile xx
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Skivvy dae Empty Re: Skivvy dae

    Post by AmmieMoon Fri 23 Sep 2011, 1:06 pm

    Jip...naweke is mos giggelgat en loslyf tyd ! Wink Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Skivvy dae Empty Re: Skivvy dae

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 8:15 pm