FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Hernude penetrasie

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Hernude penetrasie  Empty Hernude penetrasie

    Post by AmmieMoon Fri 23 Sep 2011, 3:31 pm

    jou demoon klop aan my deur
    geen keuse word my gelaat as om hom te akkomodeer
    (jy is immers die man wat donker my minnaar gemaak het)

    ek merk sy eie-slenter deur my voorhuis tot waar hy
    stop voor my bed
    my wit bed, waar jou kopkneus nog blanko linnegoed vlek
    ( jy het eens wintervoete hier laat rus)

    my hart bliksem op die vloer toe ek jou adem
    aan jou dwaalgees se kraag -
    hoeveel ure het ek my nie aan jou duisternis
    se lig behaag;

    die voorbode gefrommel in sy klou
    word bewerig na my uitgehou en ek huiwer,
    traag om na jou welstand te verneem
    (jou trane tussen my koors geswolle borste
    was immers die bron van dae se onophoudelike
    geelperskereën)

    hoekom is ek nie verbaas toe jou handskrif begin swem
    in die antarktika van jou oë nie (iewers weggebêre in my kop)
    soos toe jy laas kom smeek het vir nog 'n jaar-pas in my lyf -
    jy wat Breyten Breytenbach uit my lende kon dryf;

    wat ek daar lees bring geen rus of vrede
    laat jou slegs uit my argief penetreer
    tot ek weer maagdelik sluk aan ou geluk

    my terugkeer nota was doelgerig en kort :

    '' fokkof uit my huis,
    ek is besig om weer heel te word ''



    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Besoeker Fri 23 Sep 2011, 3:52 pm

    : penetrasie hernieu ... of afgeweer ... of albei, huh? INTENSE swartvers Ammie , wat DORS maak na maanlig!
    Pinkalicious
    Pinkalicious


    Location | Ligging : Saldanha
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 5
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-19
    Age | Ouderdom : 69

    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Pinkalicious Fri 23 Sep 2011, 8:19 pm

    So bly dat jy die spook kon wegjaag......
    baie , baie bly..
    Very Happy
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Julia Hill Sat 24 Sep 2011, 11:36 am

    Ammie - this is so strong and beautifully worded - thank you for sharing!
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by SWERWER Sun 25 Sep 2011, 4:29 pm

    Liewe Ammie,

    Die verbanning van emosionele teistering en die terugkeer na jou bekende vesting van geluk word sterk deur jou gepen. Ek bewonder die eerlikheid waarmee jy omgaan en die beeldspraak wat jy gebruik om die brandende kole teen jou siel te beskryf. Kry al daardie demone uit jou huis sodat jy weer met vrymoedigheid, rustig kan gaan ronddobber by jou skeepswrak onder jou geliefde vol blink maan.

    SWERWER
    Pinkalicious
    Pinkalicious


    Location | Ligging : Saldanha
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 5
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-19
    Age | Ouderdom : 69

    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Pinkalicious Sun 25 Sep 2011, 9:00 pm

    Sjoe, Swerwer, niemand kon dit beter se nie... dis sulke mooi woorde en ek is so bly jy be-aam wat ek ook voel.
    Groete,
    Greta
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 4:17 am

    Daar is diep seer, onaangename herinneringe in daardie vers - net iemand met insig en ondervinding van daardie demone in mens se siel kan verstaan - die leser voel die pyn

    Sponsored content


    Hernude penetrasie  Empty Re: Hernude penetrasie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:01 am