Jy groei op my
Jy groei op my
kaalgestoopte honger
na-winter leë lyf
waar verlange botsels
stadig begin vorm kry
waar jy in my kom bly
Jy groei op my
brekend deur die kors
van my na-winter hart
waar jou Japonika liefde
in pers-wit op my kaal
hunkerende lyf kom lê
Jy groei op my
wanneer jou sagte
groen blare van liefhê
my lyf met kalmte en
verstaan klee en ek my
ademloos aan jou oorgee
Jy groei op my
as die loot van jou verstaan
op my vergeet en onthou
uitloop en jou sagte geurige
jasmynliefde rankend om
my alleenwees lyf vleg
Jy groei op my
soos eteriese vlugte na
rustige lavendervelde
waar ek vrede kan vind
met jou dynserige kalm oë
wat kyk tot in my hart
Jy groei op my
soos meerjarige kleurgevlekte
vlaktes wyd oopgegooi
want jou liefde is nie soos die
van n Eendagslelie net
vir vier en twintig uur bedoel.
Jy groei op my
kaalgestoopte honger
na-winter leë lyf
waar verlange botsels
stadig begin vorm kry
waar jy in my kom bly
Jy groei op my
brekend deur die kors
van my na-winter hart
waar jou Japonika liefde
in pers-wit op my kaal
hunkerende lyf kom lê
Jy groei op my
wanneer jou sagte
groen blare van liefhê
my lyf met kalmte en
verstaan klee en ek my
ademloos aan jou oorgee
Jy groei op my
as die loot van jou verstaan
op my vergeet en onthou
uitloop en jou sagte geurige
jasmynliefde rankend om
my alleenwees lyf vleg
Jy groei op my
soos eteriese vlugte na
rustige lavendervelde
waar ek vrede kan vind
met jou dynserige kalm oë
wat kyk tot in my hart
Jy groei op my
soos meerjarige kleurgevlekte
vlaktes wyd oopgegooi
want jou liefde is nie soos die
van n Eendagslelie net
vir vier en twintig uur bedoel.