Mis jou
lê Kampsbaai
teen wange
waar blou-groen
branders heen en weer
dein en spoel
versluierde kyk
starend oor die einder
waar son karmosyn rooi
groet en die donker
see in loop
stadig vooroor
geboë grys-swart rug
verdwynende pyn
in donker water
deur 'n liedjie van
die nag gesus
mis jou
slaan gebreekte
skuimbranders
om voete los
waar 'n verdwaalde
siel in die sand rus
mis jou
harmonieer tussen
see en wind
waar eensame siel
rustend vrede vind
tussen gister en nou
die ritme van die
see se stem hom
ewig bind.
lê Kampsbaai
teen wange
waar blou-groen
branders heen en weer
dein en spoel
versluierde kyk
starend oor die einder
waar son karmosyn rooi
groet en die donker
see in loop
stadig vooroor
geboë grys-swart rug
verdwynende pyn
in donker water
deur 'n liedjie van
die nag gesus
mis jou
slaan gebreekte
skuimbranders
om voete los
waar 'n verdwaalde
siel in die sand rus
mis jou
harmonieer tussen
see en wind
waar eensame siel
rustend vrede vind
tussen gister en nou
die ritme van die
see se stem hom
ewig bind.