Haak-en-steek-bos skeur my hart
kwetsende herinneringe onderdruk
tot teenwoordigheid geruk
my eie ballingskap smart
hooglied sing ek steeds
jou mond verlei my gees
stem salwend op my vlees
my siel verknog, weet dit reeds
klaagliedere al eeue my metgesel
voorsienigheid bedroef
met eensaamheid getroef
my bestaan so bestel
donker nag onderbreek
berig van jou gebrokenheid versteek
gevangene van jou lyf
verlamming wat jou dryf
vergifnis pleit ek nou vaarwel
liefde wat in jou stem opwel
begrip vir stilte en afwesigheid
my swaarkry en eerbaarheid
hartstog nog steeds my koorsigheid
n nuwe begin op horisonne wyd
belofte van 'n ander tyd
my troos en verlatenheid
ek hoor jou stem.
© 2011 Johan Schoeman