MY GEHEIM
Dis uit die pen van my siel dat die woorde kom,
Uit die donker van my verlang
Uit die verlate groet van my drome in die nag
Die geheim van my wêreld van lief wees en lag
Want dis daar in my siel, in my binne plek
Waar jy wag en kyk en groet
My geheim, my versteekte, my trane, my lief….
My pen skryf die woorde wat ek hoop jy verstaan,
wat ek hoop jy gaan lief kry voor ek moet gaan
My siel soek ʼn rusplek, en die lieflike droom
Wat langsaam vergaan het, in mediokerste se stroom
Want dis daar in my droom plek, my eie, my siel
Wat die lewe wag, en die bitterheid kniel

Jy is my geheim, my lewe en lig, wat ek wegsteek,
toedraai en met stilte toe wurg
Vir die toekoms ʼn rede, een rede vir lag:
Vir die sonskyn die vrede, ʼn droom in die nag
Ek kan stilbly en wonder en wegraak in jou
Wanneer alles teveel raak en die lewe my knou
My geheim, my versteekte, my trane, my lief.