Jy Breek my in
Kom fluister hier in my oor
inbreek en mak maak woorde
as jy die dreunende
hoefslae van wildeperde
op gallop deur my weghol
hunkerende lyf hoor
Kom fluister hier in my oor
wanneer my asem jaag
ek van ekstase my hande
in jou lyf kap en grou
bolrug trek en vlug
maar tog keer ek terug
Kom fluister hier in my oor
as ek verwilderd eenkant
staan en soek soek naderkom
dat jy my kan streel
amper nie aan my raak
sal jy my mak kan maak
Kom fluister hier in my oor
breek my in soos net jy kan
met hande wat kan tem
en weet hoe om n wilde hart
mak te maak dat ek liefde
uit jou bakhand sal eet.
Kom fluister hier in my oor
inbreek en mak maak woorde
as jy die dreunende
hoefslae van wildeperde
op gallop deur my weghol
hunkerende lyf hoor
Kom fluister hier in my oor
wanneer my asem jaag
ek van ekstase my hande
in jou lyf kap en grou
bolrug trek en vlug
maar tog keer ek terug
Kom fluister hier in my oor
as ek verwilderd eenkant
staan en soek soek naderkom
dat jy my kan streel
amper nie aan my raak
sal jy my mak kan maak
Kom fluister hier in my oor
breek my in soos net jy kan
met hande wat kan tem
en weet hoe om n wilde hart
mak te maak dat ek liefde
uit jou bakhand sal eet.